GUILLAUME – MAN VAN STAAL

As ‘n kat nege lewens het, het die sanger en liedjieskrywer Guillaume ‘n totaal van elf lewens! Oorspronklik van Omaruru in Namibië, is dié donkerkop en energieke solo-kunstenaar terug op die musiektoneel met ‘n volwasse kontemporêre album, Man van staal, wat talle nuwe aspekte van sy musikaliteit uitlig.

Die titelsnit sê dit reeds alles. “Ek het die afgelope paar jaar ‘n paar terugslae gehad. Mense, platemaatskappye en die media het my hard geneuk. As iemand eendag besluit jy is niks, dan is dit asof almal dieselfde van jou begin dink. Hierdie album is om vir almal te wys: ‘Ek sal nie gaan lê nie. Ek is ‘n man van staal.’ ”

Die meeste van die 15 liedjies is nuwe skeppings uit Guillaume se pen, behalwe ‘n akoestiese weergawe van U2 se With or Without You en Hey Mr. Dream Maker, wat deur Cliff Richard opgeneem is. Hy was ook mede-regisseur van die album. Die kontemporêre liedjies wys waar Guillaume nou is in sy lewe. “Dit was vir my belangrik om te wys dat ek ernstige musiek kan skryf en maak, maar ook dat ek daartoe in staat is om ‘n variasie van style te kan aanbied... Met ‘n bietjie meer klas as ‘bokkie, sokkie, trokkie...’”

Lees meer...

OPTREDES

Hier is my upcoming shows:

 

3 Mei - Carnarvon - Boeresaal - 083 657 4459

10 Mei - Calvinia - Laerskoolsaal - 083 383 4823

19 Mei - Pretoria - Laerskool Tygerpoort - 082 497 4922

25 Mei - Klerksdorp - Laerskool Meiringspark - 083 273 7439

26 Mei - Witbank - HTS Witbank - 082 445 5853

27 Mei - Alberton - Barnyard - 011 869 1555

31 Mei - Springbok - Grasdak Restaurant - 027 718 34 88

 

1 Junie - Kathu - Laerskool Kathu - 073 149 2212

2 Junie Strydenburg - NG Kerksaal - 082 774 0772

7 Junie - Wellington - Die Bordinghuis Teater - 082 812 1112

8 Junie - Velddrif - Stadsaal - 082 852 8295

9 Junie - Vredenburg - Legends - 071 632 9863

10 Junie - Durbanville - Die Boer Teater - 021 979 1911

15 Junie - Colesberg - Blue Moon - 079 144 6466

29 Junie - Ellisras - Boskroeg - 072 409 0611